Liefde kom sit huis op in my,
hang Sy jas in my voorportaal kas en skop gemaklik Sy skoene uit. Liefde bring meubels en blompotte, rol oop die ryk tapyt, hang prente teen die mure. Liefde stof af, vee uit, herrangskik. Liefde word groot in my, volwasse, bejaard, totdat ek uiteindelik lyk soos Hy van vrees, veroordeling, die dood bevry! Amanda Smith 2011
0 Comments
Leave a Reply. |
Afrikaansis my mother tongue. It is my heart-language. And when I first returned to writing, I wrote mostly about the things of my heart, in the language of my heart. Some poems have been translated to English and can be found here. ArchivesCategories |